Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Maak vrede in Gasa, nie oorlog nie!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Het u geweet...

[wysig bron]

Gemeenskap, in ons voorblad se trivia Het u geweet... begin sommige inskrywings as volg: ... dat Wikings en ander soos volg ...dat die - sonder die spasie na die drie kolletjies. Wat is taalkundig korrek? Groete! Oesjaar (kontak) 11:18, 2 Augustus 2024 (UTC)[]

Met 'n spasie weerskante as dit so gebruik word. ~ Burgert (kontak) 12:22, 2 Augustus 2024 (UTC)[]

Goeienaand taalgemeenskap, met die Olimpiese Spele daar in Parys en my skriftelike reis deur Oos-Asië is daar drie dinge wat my vandag besig gehou het:

Wat is die korrekte Afrikaanse bewoording vir 'n land wat aan Olimpiese Spele deelneem? Is dit Suid-Afrika by die Olimpiese Spele of Suid-Afrika op die Olimpiese Spele. Ons het tans albei met ROC op die Olimpiese Somerspele 2020.

Gebruik ons vir Koreaanse en Japannese keisers die naam van die tydperk of die postume naam. Ook hier gebruik ons tans albei, sien Meiji (wat die tydperknaam is), maar ook Yoshihito en Hirohito (wat noemname is). Meiji se noemnaam was Mutsuhito. Daarna volg Akihito (Heisei) en Naruhito (Reiwa).

Wat my pla is die verwydering van rooi skakels by onderwerpe met 'n duidelike ensiklopediese waarde soos Suid-Afrikaanse atlete by Suid-Afrika by die Olimpiese Spele. Volgens watter beleid of reëls word dit gedoen? Stel julle voor, ek brei Suid-Korea tot voorbladstatus uit (soos gister), die volgende dag oggend word die skakel na Koreaanse Keiserryk verwyder omdat dit rooi is, ek is heel dag besig om nuwe artikels te skryf en moet die aand die skakel weer insit (vandag vyf nuwe artikels oor Suid-Koreaanse geskiedenis). Myns insiens is dit onnodige wysigings en vergroot net die geskiedenis van artikels (wat ons liefs moet vermy, sien my opmerkings bo). Wat dink julle hieroor? Groete. --  SpesBona 21:10, 5 Augustus 2024 (UTC)[]

@Oesjaar, BurgertB, Woordgenoot, Suidpunt, Sobaka, Rooiratel, en Dumbassman: enige iemand met raad of gedagtes? Groete. --  SpesBona 13:14, 6 Augustus 2024 (UTC)[]

Beste SpesBona...hoekom ontbloot jy my nie maar as die gebruiker wat die titel hierbo terug verander het en al die rooi skakels uitgevee het nie? Nou hardloop jy na al ons ander kollegas toe vir ondersteuning, ai man!
Ek sal voorstel jy vra prof Gerhard van Huyssteen (Gebruiker:Geebee100) se opinie oor die Afrikaanse bewoording hierbo. Hy is tenminste 'n betroubare taalpraktisyn.
Geniet julle aand  Aliwal2012 15:17, 6 Augustus 2024 (UTC)[]
Ek wou eers sê dit gaan van die werkwoord afhang, maar ja.
Jy kon my nou met 'n veer omtik toe jy praat van "op die Spele". Overberger hier - ek is net bekend met " by die Spele" (ek het my 72-jarige moeder ook gevra - en dié frons); ek weet nie of dit onder Engelse invloed is nie. Ek is wel bekend met "op die spel", maar dit is 'n vaste uitdrukking. En 'n televisieprogram...
As mens so na Nederlands kyk, lyk albei aanvaarbaar. Google gerus "brons bij de Spelen", "brons op de Spelen".
Dit laat my ook nou dink aan Geld op de bank; in Afrikaans sê ons Geld in die bank. Suidpunt (kontak) 15:46, 6 Augustus 2024 (UTC)[]
Beste Aliwal2012, ek het hier drie vrae geplaas en ek respekteer jou mening oor "op/by" en rooi skakels. Dié vra het net onder my naels gebrand en ek wou ander gebruikers se menings hoor. Ek kla niemand aan en wil ook nie oorlog voer nie. Ek is hier om artikels te skryf. Ek is net van mening dat, as jy 'n rooi skakel na 'n onderwerp verwyder, negeer jy die ensiklopediese relevansie daarvan. As jy 'n rooi skakel na 'n onderwerp verwyder, dan moet jy dit myns insiens in al die artikels doen wat na die onderwerp skakel, andersins is dit nie konsekwent nie. Konsekwentheid is ook die agtergrond van my vrae, aangesien baie artikels na Suid-Afrika op die Olimpiese Spele skakel, ons artikels oor Japannese keisers verskillende name gebruik en nie almal rooi skakels verwyder nie. As jy taalverbeteringe aan artikels doen, waar ek ook betrokke is, probeer ek maar om dit ook op al die artikels met dieselfde bewoording toe te pas (bv. land pleks van "nasie", slegs pleks van "net", ooit pleks van "nog", gebruik pleks van "inspan" ens.
Voorbeelde van Afrikaanse media wat Suid-Afrika op die Olimpiese Spele gebruik: Maroela Media 1, Nuus24 1, Hoërskool Garsfontein, Maroela Media 2, Nuus24 2 en "Suid-Afrika+op+die+Olimpiese+Spele"&source=bl&ots=VbeFie1wAx&sig=ACfU3U2ghimWaEdXHKYZWDQQnwSsu5Qn1A&hl=de&sa=X&ved=2ahUKEwjsiPSb4eiHAxXx3gIHHT1mIng4ChDoAXoECB4QAw#v=onepage&q="Suid-Afrika%20op%20die%20Olimpiese%20Spele"&f=false "Die Penguin Boek van Sporttrivia". Groete. --  SpesBona
Awe, ek het persoon se no gestuur wat alles weet. Sterkte Dumbassman (kontak) 04:57, 7 Augustus 2024 (UTC)[]
@SpesBona: Die WAT gee onder "op" onder meer die volgende:
2a By 'n bepaalde plek
3a By 'n bepaalde geleentheid of tydstip
Ek kry ook voorbeelde van "by" in woordeboeke, so ek wonder of dit nie maar albei korrek is nie. Ek hou self van "op", maar ek hoor soms ek is outyds. ~ Burgert (kontak) 14:47, 7 Augustus 2024 (UTC)[]
Wat rooi skakels betref, is ek van mening dat 'n paar rooi skakels na artikels wat ek dink ek of iemand anders later gaan doen, nuttig is. Maar nie soveel dat dit hinderlik is nie. (Ek het self in die begin hier te veel rooi skakels gebruik, maar pas dit nou versigtiger toe. ~ Burgert (kontak) 14:58, 7 Augustus 2024 (UTC)[]
@BurgertB: baie dankie! Daarmee is dit 2-elk wat by/op betref. Dit is dan nie taalkundig "inkorrek" nie. Die verskuiwing is nogal jammer omdat baie artikels daarna skakel en ek reeds vir 'n lang tydperk die bewoording met "op" in sportartikels gebruik. Volgens die WAT sal Afrikaanssprekendes "Suid-Afrika op die Olimpiese Spele" mooi verstaan. Op die Duitstalige Wikipedia is die verandering van 'n korrekte vorm in 'n ander volgens Wikipedia:Korrektoren verbode en enigiemand mag dit terugrol. As die eerste gebruiker die stryd voortsit, sal hy gestraf word. Interessant genoeg verbied dieselfde reël veranderinge van [[Suid-Afrika]]ans in [[Suid-Afrikaans]] ens.
Wat die Japannese en Koreaanse keisers betref stel ek veral belang in jou mening. Jy het Mutsuhito na sy amptelike naam Meiji geskuif en ek vermoed ons moet dieselfde met sy opvolgers (d.w.s. YoshihitoTaisho en HirohitoShowa) doen. Aangesien dit ook die postume naam is geld dit slegs vir hierdie drie. Waarskynlik is dieselfde vir die twee Koreaanse keisers van toepassing wat 'n soortgelyke naamstelsel gebruik het. Ek vermoed dat Gojong van Korea na Gwangmu en Sunjong van Korea na Yunghui geskuif moet word. Maar min Wikipedias gebruik dié name. Wat dink jy? Groete. --  SpesBona 20:45, 9 Augustus 2024 (UTC)[]
Ek is nie 'n kenner nie en hou gewoonlik maar by wat die ander wiki's doen. Ek sien feitlik almal gebruik die name Hirohito, Gojong en Sunjong. Die laaste twee is waarskynlik omdat Korea nie die Pinyin-stelsel gebruik nie. Ek het nog nooit van Showa gehoor nie en kan nie sê of Hirohito regtig so bekend was nie. ~ Burgert (kontak) 12:38, 10 Augustus 2024 (UTC)[]
@BurgertB: baie dankie, dan hoef ons niks te verander nie: Meiji, Yoshihito, Hirohito, Akihito, Naruhito, Gojong van Korea en Sunjong van Korea. Nou kan ek rustig slaap. Groete. --  SpesBona 21:00, 10 Augustus 2024 (UTC)[]
Ek hou van by! Groete! Oesjaar (kontak) 20:52, 9 Augustus 2024 (UTC)[]
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Dear all,

The voting period for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is closing soon. It is open through 10 August 2024. Read the information on the voting page on Meta-wiki to learn more about voting and voter eligibility. If you are eligible to vote and have not voted in this special election, it is important that you vote now.

Why should you vote? The U4C is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. Community input into the committee membership is critical to the success of the UCoC.

Please share this message with members of your community so they can participate as well.

In cooperation with the U4C,

-- Keegan (WMF) (talk) 15:29, 6 Augustus 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, uit bogenoemde, het julle enige idee wat Forward algorithm in Afrikaanse sal wees. Klink Voorwaartse algoritme reg? Groete! Oesjaar (kontak) 11:40, 8 Augustus 2024 (UTC)[]

"Voorwaartse algoritme" is reeds gepleeg in Viterbi-algoritme. As jy dit so gebruik is jy dalk nie reg nie, maar ten minste eenvormig. Groete. Frank (kontak)

Wysiging verwyder

[wysig bron]

Kan die laaste wysiging van die artikel Roodepoort verwyder word? Rede: [In Engels] Oversight on grounds of en:WP:BLP". Martinvl (kontak) 16:52, 8 Augustus 2024 (UTC)[]

Martinvl, ek het reeds 'n wysiging teruggerol. Verwys jy na iets anders? Groete! Oesjaar (kontak) 17:25, 8 Augustus 2024 (UTC)[]
@Oesjaar: Ek het did note gesien nie. JAmmer. Martinvl (kontak) 21:07, 8 Augustus 2024 (UTC)[]

Hallo, sal iemand asseblief die skakels na Des Knaben Wunderhorn verwyder en die artikel weer skakel na Des Knaben Wunderhorn (Mahler)? By voorbaat dankie!Johannescharlesventer (kontak) 19:11, 8 Augustus 2024 (UTC)[]

Gedoen Sobaka (kontak) 20:12, 8 Augustus 2024 (UTC)[]
Baie dankie Sobaka. Groete, Johannescharlesventer (kontak) 20:45, 8 Augustus 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, hier is 'n woord wat my aan die raai gehou het, maar na kommunikasie met Dr. Mariëtta Alberts is die amptelike vertaling as volg: radom, radarkoepel, antennekoepel. Ek het radarkoepel gebruik. Groete! Oesjaar (kontak) 09:57, 10 Augustus 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, neem kennis dat dr. Annelise de Vries die pos aanvaar het as die HUB van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nadat prof. Anne-Marie Beukes afgetree het. Groete! Oesjaar (kontak) 14:36, 13 Augustus 2024 (UTC)[]

Goeienaand gemeenskap. Vandag het ek verder gewerk aan Singapoer om van dié artikel 'n voorbladartikel te maak, maar die twee wysigings verskyn nie op Spesiaal:Onlangse wysigings nie en hulle word ook nie as wysigings getel nie; hulle verskyn wel in die artikel se geskiedenis. Dit is reeds die derde keer wat dit gebeur (mees onlangs by Suid-Korea). Weet iemand die rede of oorsaak hiervoor?

Terloops, ek het intussen my 70 000 bydrae aangebring! Op die Duitstalige Wikipedia het ek slegs 27 690 bydrae. Groete. --  SpesBona 21:10, 13 Augustus 2024 (UTC)[]

Weet nie, maar die groot bydrae word met dank erken. JMK (kontak) 11:24, 14 Augustus 2024 (UTC)[]
Vind wel dat die Commons databasis baie sukkel oor die laaste dag of wat. Wysigings soms halsstarrig aanvaar, met verskillende lastige foutboodskappe ensomeer. Miskien 'n soortgelyke databasis-probleem op ander wikis. JMK (kontak) 21:20, 14 Augustus 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, sien asb die afdeling Lande wat die B-24 gebruik het in Consolidated B-24 Liberator. Kan iemand help met die vlagsjablone? Groete! Oesjaar (kontak) 11:56, 16 Augustus 2024 (UTC)[]

@Oesjaar: gebruik {{vlagland|Suid-Afrika}} vir Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika of {{vlagikoon|Suid-Afrika}} vir Vlag van Suid-Afrika. Groete. --  SpesBona 12:08, 16 Augustus 2024 (UTC)[]
Dankie, so gemaak! Groete! Oesjaar (kontak) 18:10, 16 Augustus 2024 (UTC)[]

Hello. For many years, community members have requested an easy way to re-use references with different details. Now, a MediaWiki solution is coming: The new sub-referencing feature will work for wikitext and Visual Editor and will enhance the existing reference system. You can continue to use different ways of referencing, but you will probably encounter sub-references in articles written by other users. More information on the project page.

We want your feedback to make sure this feature works well for you:

Wikimedia Deutschland’s Technical Wishes team is planning to bring this feature to Wikimedia wikis later this year. We will reach out to creators/maintainers of tools and templates related to references beforehand.

Please help us spread the message. --Johannes Richter (WMDE) (talk) 10:36, 19 August 2024 (UTC)

Thank you! I've been wanting this exact feature for a very long time. - Rooiratel (kontak) 11:17, 19 Augustus 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, ons fynbos kategorie is nou 3 000 artikels sterk! Laas toe ek gekyk het, het die Engelse Wikipedia net oor die 1100 artikels gehad! Groete! Oesjaar (kontak) 05:52, 21 Augustus 2024 (UTC)[]

Met die planteryk, sterrekunde en chemie blink ons uit, miskien ander temas ook. JMK (kontak) 10:02, 22 Augustus 2024 (UTC)[]
Baie dankie vir julle harde werk omtrent diere en plante, ek geniet dit! Die Afrikaanse Wikipedia kan ook spog met landartikels en stede (@Voyager:), landsvlae (@Puvircho:), sport (deels my werk, veral krieket, rugby, sokker en Olimpiese Spele), pouse (@Hansjoseph:), menslike evolusie (@BurgertB:), Suid-Afrikaanse politiek (@Lefcentreright:) en groot katte (@Suidpunt:). Maar ander Suid-Afrikaanse onderwerpe, items van Duitsland, Frankryk, Skandinawië, die Verenigde Koninkryk, Noord- en Suid-Amerika, asook Australië en Nieu-Seeland is ook nie te versmaai nie. Myns insiens verdien hierdie genoemde gebruikers ook 'n erkenning. Groete. --  SpesBona 20:45, 22 Augustus 2024 (UTC)[]

Eerder "bespied die horison" of "tuur na die horison" op voorblad. "Skandeer" is iets wat 'n masjien doen. En dankie aan dié wat werk doen aan die voorblad. JMK (kontak) 18:09, 22 Augustus 2024 (UTC)[]

@JMK: jammer, baie dankie. Ek het dit in "tuur na die horison" verander. Groete. --  SpesBona 18:15, 22 Augustus 2024 (UTC)[]

Hi all,

The next language community meeting is scheduled in a few weeks—on August 30th at 15:00 UTC. If you're interested in joining, you can sign up on this wiki page.

This participant-driven meeting will focus on sharing language-specific updates related to various projects, discussing technical issues related to language wikis, and working together to find possible solutions. For example, in the last meeting, topics included the Language Converter, the state of language research, updates on the Incubator conversations, and technical challenges around external links not working with special characters on Bengali sites.

Do you have any ideas for topics to share technical updates or discuss challenges? Please add agenda items to the document here and reach out to ssethi(__AT__)wikimedia.org. We look forward to your participation!

MediaWiki message delivery (kontak) 23:19, 22 Augustus 2024 (UTC)[]

Groete uit Andorra, ek werk hier op die Wêreldbergfietskampioenskappe en sal die 3de Sep terug wees. Wat 'n interessante plek! Ek het vandag sit en kommunikeer met die spanbestuurder van België: hy in Vlaams en ek in Afrikaans! My kollegas was geskok, dat ek uit Suid-Afrika, met 'n persoon van België, in ons tale kan kommunikeer. Groete! Oesjaar (kontak) 21:05, 26 Augustus 2024 (UTC)[]

Mooi so! Veilige reis Oesjaar. -- Aliwal2012 20:18, 27 Augustus 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, watter spelling is korrek? Dit raak ook artikels soos Haïtiaanse kreools en Louisiaanse kreools. Groete. --  SpesBona 21:00, 27 Augustus 2024 (UTC)[]

"Kreool" is 'n selfstandige naamwoord, terwyl "kreools" selfstandig of byvoeglik gebruik kan word. Groete. Frank (kontak) 07:00, 28 Augustus 2024 (UTC)[]
Kyk byvoorbeeld na die Nederlandse "creools", wat selfstandig 'n sinoniem vir "creooltaal" is. Groete. Frank (kontak) 07:28, 28 Augustus 2024 (UTC)[]
@Naudefj: baie dankie. Beteken dit dat ons bogenoemde artikels moet skuif (sonder die -s?). Groete. --  SpesBona 18:20, 31 Augustus 2024 (UTC)[]
Omdat "kreools" ook 'n s.nw. is, vermoed ek dat "Haïtiaanse kreools" en "Louisiaanse kreools" reg is en dat dit so gelaat kan word. Groete. Frank (kontak) 07:27, 1 September 2024 (UTC)[]
Kreools (met 'n kleinletter) is 'n taalsoort en kreool (meervoud: kreole) is 'n persoon. Kyk in julle woordeboeke en moenie sommer net raai nie. ~ Burgert (kontak) 16:36, 1 September 2024 (UTC)[]
Dan is daar mos reg geraai en kan jy jou voorskriftelike, prekerige woordeboek druk waar die son nie skyn nie.

Template:Colorbull is 'n sjabloon wat nuttig kan wees vir sleutels by sekere kaarte, maar wat nie tans op af.wiki beskikbaar is nie. Noem maar net ingeval iemand weet hoe om dit te kry of oor te dra. JMK (kontak) 23:01, 28 Augustus 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, vandag het ek my voorlaaste reeks drie voorbladkandidate voorgestel. Nou is daar nog drie artikels in my pyplyn oor wat ek in September wil uitbrei. Ek vind dit makliker om soortgelyke artikels naas mekaar uit te brei, maar ek beperk myself op slegs drie artikels van dieselfde onderwerp. Dit is hoekom ek drie soortgelyke artikels op een slag nomineer, maar hulle sal natuurlik op die vervoerband gemeng word. Die lande, stede en vlae sal beslis nie naas mekaar op ons voorblad verskyn nie. Aangesien daar slegs drie artikels vir 2024 van my kant oor is, sal ons vervoerband vir 2025 ook nie binnekort vol wees nie. Bring gerus julle stemme uit. Groete. --  SpesBona 20:30, 31 Augustus 2024 (UTC)[]

Ná my tweemalige besoek aan Noorweë en Kopenhagen besoek ek oor presies 'n maand vir die eerste keer Gdansk, Helsinki, Stockholm en Tallinn. Dit is hoekom ek die vlae van Estland, Finland en Noorweë uitgebrei het. Ondersteun gerus die een of ander, as julle wil. Ek is bewus van die huidige opeenhoping van onderwerpe, maar vandag begin ek my heel laaste reeks, met drie landsartikels. Vandeesweek sal ek die helfte van ons voorstelle op ons vervoerband plaas en argiveer (gemeng natuurlik). Groete. --  SpesBona 13:00, 2 September 2024 (UTC)[]
Van my kant is daar altesaam slegs sewe definitiewe kandidaatartikels oor: vier nasionale rugbyspanne (België, Ivoorkus, Nederland en Suid-Korea) en drie deelstate (Alaska, Brandenburg en Louisiana). Dan is al die artikels wat ek ooit beplan het en waarvoor ek hoegenaamd 'n kans sien benoem vir voorbladstatus. Al hierdie sewe artikels moet egter uitgebrei word. Die drie deelstate kort 'n Geskiedenis-afdeling en vir die vier nasionale rugbyspanne sal ek eers die bronliteratuur raadpleeg. Moenie bekommer nie, dit gaan eers aan die einde van die jaar gebeur. Die volgende moontlike voorbladartikels van my kant is eers die T20I-wêreldbeker 2026 en die twee groot wêreldbekertoernooie in 2027. Dit beteken ek gaan in 2025 nie een voorbladartikel benoem nie. Dit belowe ek julle! Groete. --  SpesBona 21:05, 17 September 2024 (UTC)[]
Jy is 'n regte "Jannie-jammergat"! Hoekom wil jy nie meer in 2025 enige voorbladartikels benoem nie, voel jou nou skuldig?  Aliwal2012 06:56, 18 September 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, enige volunteer om 'n klein artikeltjie oor ons nuwe wêreldkampioen te skryf? Groete uit Barcelona! Oesjaar (kontak) 11:32, 2 September 2024 (UTC)[]

'skies tog, dit bestaan reeds! Ouderdom. Groete! Oesjaar (kontak) 11:39, 2 September 2024 (UTC)[]
Original message at wikimedia-l. You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Hello all,

The scrutineers have finished reviewing the vote and the Elections Committee have certified the results for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) special election.

I am pleased to announce the following individual as regional members of the U4C, who will fulfill a term until 15 June 2026:

  • North America (USA and Canada)
    • Ajraddatz

The following seats were not filled during this special election:

  • Latin America and Caribbean
  • Central and East Europe (CEE)
  • Sub-Saharan Africa
  • South Asia
  • The four remaining Community-At-Large seats

Thank you again to everyone who participated in this process and much appreciation to the candidates for your leadership and dedication to the Wikimedia movement and community.

Over the next few weeks, the U4C will begin meeting and planning the 2024-25 year in supporting the implementation and review of the UCoC and Enforcement Guidelines. You can follow their work on Meta-Wiki.

On behalf of the U4C and the Elections Committee,

RamzyM (WMF) 14:05, 2 September 2024 (UTC)[]

Weet iemand wat die korrekte Afrikaans is vir "track and field"? - Rooiratel (kontak) 11:06, 3 September 2024 (UTC)[]

"Baan en veld", as dit met atletiek te doen het. Thermofan (kontak) 11:15, 3 September 2024 (UTC)[]

Hello all,

The voting period for the 2024 Board of Trustees election is now open. There are twelve (12) candidates running for four (4) seats on the Board.

Learn more about the candidates by reading their statements and their answers to community questions.

When you are ready, go to the SecurePoll voting page to vote. The vote is open from September 3rd at 00:00 UTC to September 17th at 23:59 UTC.

To check your voter eligibility, please visit the voter eligibility page.

Best regards,

The Elections Committee and Board Selection Working Group

MediaWiki message delivery (kontak) 12:13, 3 September 2024 (UTC)[]

Julle is welkom om vir my te stem. Groete! Oesjaar (kontak) 06:16, 4 September 2024 (UTC)[]
@Oesjaar: jy is ook welkom om vir my voorstelle vir ons voorblad te stem (sien bo). Groete. --  SpesBona 10:00, 4 September 2024 (UTC)[]
Reg so. Thermofan (kontak) 11:46, 4 September 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, ons bladtrekke vir Augustus was 'n almintige 3.7 miljoen! Sien Aug Bladtrekke Gee julle self 'n handdruk! Groete! Oesjaar (kontak) 20:15, 4 September 2024 (UTC)[]

Ek wonder hoe die langtermyntendens lyk, d.w.s. jaar op jaar. Op daardie grafiek lyk dit of ons oor twee jaar relatief stil staan. Sommige mense dink terloops ons is oningelig en weet nie hoe om te spel nie: [1] JMK (kontak) 11:25, 12 September 2024 (UTC)[]
Ingenieurs sukkel met die spelling want hulle is goed die wiskunde! Groete! Oesjaar (kontak) 12:00, 12 September 2024 (UTC)[]
@BurgertB:, sien die skakel. Groete! Oesjaar (kontak) 12:02, 12 September 2024 (UTC)[]

Ons moet miskien raad vra oor die woord "spesies" waar die enkelvoud bedoel word. Het persoonlik nie 'n voorkeur nie, maar ter wille van eenvormigheid sal ek graag weet hoe om voort te gaan. JMK (kontak) 15:16, 12 September 2024 (UTC)[]

So ver my kennis strek is die enkelvoud spesie. Groete! Oesjaar (kontak) 16:07, 12 September 2024 (UTC)[]
Ek dink beide vorme is toelaatbaar, maar ek verkies om "spesie" te gebruik om verwarring uit te skakel. Ek vermoed die gebruik van "spesies" deur wetenskaplikes is onder druk van die Engelse "species". (Daar bestaan mos nie 'n Engelse woord soos "specie" nie!)  Aliwal2012 18:40, 12 September 2024 (UTC)[]
Daar bestaan eintlik 'n Engelse woord "specie" wat fisiese geldnoot beteken. Maar ek sal voortaan "spesie" vir die biologiese enkelvoud gebruik, en die enkelvoud "spesies" ook verander vir eenvormigheid. 'n Plantkundige se mening sal wel interessant wees. JMK (kontak) 05:28, 13 September 2024 (UTC)[]
Waar staan "spesies" kan enkelvoud wees? Dis nonsens. ~ Burgert (kontak) 12:18, 14 September 2024 (UTC)[]
Het opgemerk dat "spesies" (enkelvoud) so gebruik word in Afrikaans, sekerlik in navolging van Latyn, en dit het by geleentheid ook op af.wiki opgeduik. Het egter nou verdere geleerde raad gevra en dit blyk dat "spesie" (enkelvoud) die enigste opsie in Afrikaans is. Sal die ander opsie verwyder waar ek dit sien. JMK (kontak) 13:30, 25 September 2024 (UTC)[]

Hallo almal. Tans word 'n bladsy se kategorieë vertoon in die volgorde wat hulle in 'n bladsy se wikiteks verskyn.

Die MediaWiki sagteware kan nou kategorieë outomaties in alfabetiese volgorde vertoon. Maar ons moet 'n versoek aanteken vir ons wiki om dit te aktiveer.

Skakel vir meer inligting : https://phabricator.wikimedia.org/T373480

Stem asb. hieronder as jy die verandering ondersteun of nie.

Groete - Rooiratel (kontak) 08:43, 17 September 2024 (UTC)[]

  • GekantWikipedia:Kategorisering sê niks oor 'n "alfabetiese rangskikking" van kategorieë nie. Kategorieë word volgens die belangrikheid van hul onderwerp gerangskik, byvoorbeeld is Berlyn in die eerste sin 'n hoofstad en eers daarna 'n deelstaat van Duitsland. Onderwerpe se kategorieë moet in dieselfde volgorde wees, dit het niks met die alfabet te doen nie. Afghanistan is 'n land soos Zimbabwe en die hoofkategorie Afghanistan is die eerste kategorie in die artikel, dieselfde geld vir Zimbabwe. Ons kan nie die volgorde omkeer net omdat 'n onderwerp met Z begin nie, terwyl die ander onderwerp se eerste letter 'n A is. Ons het ander take te doen wat kategorisering aanbetref. Anargisme se hoofkategorie is Kategorie:Anargisme en daar hoort die onderkategorie Kategorie:Politieke filosofie en Kategorie:Politieke ideologieë. Dit is wat Wikipedia:Kategorisering sê, niks oor 'n alfabetiese rangskikking nie. Groete. --  SpesBona 10:25, 17 September 2024 (UTC)[]
Let op, dit is volgens Engelse taalreëls. Ons stelsel volg Afrikaanse taalreëls en dit is reg só. Groete. --  SpesBona 15:05, 17 September 2024 (UTC)[]
  • Kommentaar – Nog 'n goeie voorbeeld: "Belge", "Geboortes in 1935", "Sterftes in 2014", maar "Geboortes in 1935", "Nederlanders", "Sterftes in 2015". Hoekom plaas ons nou Belge voor die ander, maar Nederlanders heelwat later? Net weens alfabetiese volgorde plaas ons die een land beter as die ander? Gelukkig is dit nou "Suid-Afrika" en nie "Zuid-Afrika" nie. Die volgorde van kategorieë geskied om ander redes, nie weens die alfabet nie. Groete. --  SpesBona 11:35, 17 September 2024 (UTC)[]
Dankie SpesBona, jy het jou punt gemaak! :) -- Aliwal2012 11:41, 17 September 2024 (UTC)[]
Waar staan daar geskrywe dat kategorieë volgens belangrikheid gerangskik word? Ek het nog nooit daarvan gehoor nie. Hoe rangskik jy kategorieë wat deur sjablone by 'n bladsy gevoeg word? Sover ek weet, word die kategorieë volgens die orde waarin hulle verklaar word, gerangskik. Dus as 'n kategorie deur 'n inligtingskas ingevoeg word, dan sal dit voor kategorieë wat onderaan die bladsy verklaar word, verskyn. Ek mag verkeerd wees. Maar met 'n alfabetiese rangskikking is daar darem 'n logika agter die volgorde van die kategorieë. – Pynappel (kontak) 11:51, 17 September 2024 (UTC)[]
Daarteenoor het ek nog nooit daarvan gehoor dat kategorieë alfabeties gerangskik word nie. Op die Duitstalige Wikipedia is die volgorde volgens belangrikheid die enigste manier hoe ons dit doen: de:Wikipedia:Kategorien#Reihenfolge von Kategorien in Artikeln: Es wird empfohlen, die Kategorien vom Besonderen hin zum Allgemeinen anzuordnen, vgl. etwa Wikipedia:Formatvorlage Biografie. "Daar word aanbeveel om kategorieë van die besondere na die algemene te rangskik." Beroep, nasionaliteit, geboorte, sterfte, geslag; dit het sy bepaalde volgorde en dit is beslis nie die alfabet nie. 'n Argentyn se nasionaliteit is op dieselfde plek as 'n Turk se nasionaliteit en 'n vrou is nie slegter af as 'n man nie. Dus is ons volgorde: [[:Kategorie:Tiefsee-Astronom]], [[:Kategorie:Deutscher]], [[:Kategorie:Geboren 1000]], [[:Kategorie:Gestorben 1100]], [[:Kategorie:Mann]] Groete. --  SpesBona 12:40, 17 September 2024 (UTC)[]
Een onderwerp is net slegter af as 'n ander as die volgorde volgens belangrikheid bepaal word, en soos ek hierbo gesê het, is ek nie seker of ons die volgorde kan bepaal as kategorieë deur sjablone ingevoeg word nie. As die kategorieë egter gealfabetiseer word, dan is daar 'n bepaalde volgorde wat dit makliker maak om 'n kategorie in 'n lang lys te vind, en @Rooiratel: se voorstel sal seker maak die kategorieë is in alfabetiese volgorde, maak nie saak hoe die kategorie by die bladsy gevoeg word nie, hetsy deur middel van 'n sjabloon, module, of handmatig deur dit onderaan die bronteks te verklaar nie. – Pynappel (kontak) 12:56, 17 September 2024 (UTC)[]
Onderwerpe op dieselfde vlak soos lande, beroepe, geslagte, ens. is veral slegter af as die een met 'n A begin en die ander met 'n Z. 'n Alfabetiese volgorde is dus nie 'n bepaalde volgorde waar geslagte, nasionaliteite, beroepe, ens deurmekaar gegooi word nie. In die een biografie sal dit 'n ander volgorde veroorsaak as in die ander slegs omdat die een 'n Franse sokkerspeler gebore in 2000 is, terwyl die ander 'n Tsjeggiese rugbyspeler uit die jaar 1888 is. Dit is hoekom ons op die Duitstalige Wikipedia 'n bepaalde volgorde vir kategorieë het. Afghanistan, Botswana, Paraguay en die Vatikaanstad se nasionaliteite moet op dieselfde plek in die kategorieë se volgorde verskyn. Hoekom moet ons 'n Zambiër se nasionaliteit later vermeld as dié van 'n Angolaan? Groete. --  SpesBona 13:10, 17 September 2024 (UTC)[]
Want hoekom nie? Jou argument berus op die veronderstelling dat die volgorde volgens belangrikheid is, wat nie die geval is nie, tensy dit vooraf bepaal is dat die volgorde belangrikheid weerspieël, soos wat julle blykbaar op die Duitse Wikipedia gedoen het. Maar ek is nie bewus daarvan dat ons ooit besluit het om dit so hier te doen nie. Ons kan daardie besluit neem, maar ek dink dit gaan ingewikkeld wees om vir elke vakgebied 'n ranglys volgens belangrikheid te bepaal en voor te skryf. En soos ek reeds hierbo aangevoer het, weet ek nie of dit tegnies moontlik is om 'n kategorie wat deur 'n sjabloon ingevoer word se orde in die lys van kategorie onderaan die bladsy te bepaal nie. – Pynappel (kontak) 13:14, 17 September 2024 (UTC)[]
As iemand twee nasionaliteite en twee beroepe het waarvoor hy bekend is, moet albei nasionaliteite saam naas mekaar vermeld word, dieselfde geld vir die beroepe. Ons kan nie 'n Belgies-Rwandese argitek en doktor se kategorieë in 'n alfabetiese volgorde plaas nie. Belgie en Rwanda moet naas mekaar verskyn, dieselfde geld vir argitek en doktor. Ons kan nie geboorte en sterfte daartussen plaas nie. Dit is verwarrend. Dit is hoekom ons op die Duitstalige Wikipedia dié volgorde het. Groete. --  SpesBona 13:20, 17 September 2024 (UTC)[]
Ek stem nie saam nie, ek dink nie die volgorde moet met belangrikheid verwar word nie. Ek ondersteun 'n alfabetiese volgorde sodat dit maklik is vir 'n leser om 'n kategorie in 'n lang lys kategorieë te vind. – Pynappel (kontak) 13:32, 17 September 2024 (UTC)[]
En ek stem nie daarmee saam nie. 'n Ander volgorde vir 'n Afghaanse swemmer teenoor dié van 'n Thaise bokser net vir alfabetiese doeleindes maak vir my nie sin nie. Swem verskyn later as boks, maar as dit 'n Duitser is, kom dit voor 'n Pool. Net omdat ons die alfabet gebruik pleks van 'n volgorde soos op die Duitstalige Wikipedia, dit sal ek nooit verstaan nie. Terloops, die meeste artikels het nie 'n lang lys kategorieë nie, veral nie biografieë nie. Groete. --  SpesBona 13:40, 17 September 2024 (UTC)[]
Neutraal - Ek gee nie om een manier of die ander nie. @SpesBona maak 'n goeie punt, maar soos @Pynappel gesê het, dit val uit mekaar uit as deel van 'n bladsy se kategorieë van sjablone/module af kom. - Rooiratel (kontak) 14:59, 17 September 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, het ons 'n ekwivalent in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 13:27, 19 September 2024 (UTC)[]

Trizek_(WMF), 09:36, 20 September 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, ek is seker julle is almal gatvol vir die oneindige stroom van vandalisme op ons wiki. Dankie aan almal wat die irriterende werk doen om vandalisme terug te rol.

Ek soek al lankal vir 'n outomatiese oplossing vir hierdie probleem. Ek weet ander wiki's het verskeie outomatiese oplossings en die een wat meeste wiki's gebruik is ORES. Ek wou 'n rukkie terug sien hoe ek dit op ons wiki kon kry, maar dit was ingewikkeld, en soos ek reeds genoem het, die ding is verouderd.

Daar is 'n nuwer hulpmiddel met die naam van "Liftwing" maar dit lyk ook ingewikkeld om op te stel.

Maar nou sien ek daar is lig aan die einde van die tonnel. Al die moeilike werk om "Liftwing" op te stel is nou vir ons gedoen deur die MediaWiki-sagteware. Dit kom in die vorm van die "AutoModerator" mediawiki uitbreiding.

As ons dit op ons wiki aktiveer sal dit 'n bot-rekening skep (soos Gebruiker:CommonsDelinker) en die rekening sal outomaties vandalisme terugrol.

Ons kan stel hoe sensitief ons dit wil hê. Ons kan dit self afskakel. Ons kan dit vertaal. Ons kan dit stel om gebruikers 'n boodskap te stuur wanneer dit hulle wysigings terugrol om mense in te lig waarom hul wysiging teruggerol is. Dit sal nie Admins se wysigings terugrol nie. Ons kan dit in kennis stel wanneer dit 'n fout begaan het.

Vir al die besonderhede oor wat dit doen lees hier.

Om dit te aktiveer moet ons hier stem, en as meeste mense dit goedkeur sal ek die Wikimedia tegniese span vra om dit op ons wiki te aktiveer. Vir al die besonderhede oor hoe om dit te aktiveer lees hier.

Ons moet ook 'n naam kies vir die bot op ons wiki. My voorstelling : "Outomatiese moderator"

Stem asseblief hieronder. En onthou die ding kan ons baie tyd spaar, dit word beter met tyd, en ons kan dit baie maklik afskakel as daar 'n probleem opduik. Rooiratel (kontak) 13:30, 25 September 2024 (UTC)[]

Ondersteun Die ooms is aan die slaap. Jy moet seker voortgaan. Ek neem aan dit kan eksperimenteel wees en dat jy dit kan programmeer met al die woorde wat jy in Afrikaans nié moet sê nie. Of leer dit uit dit wat ons reeds teruggerol het? JMK (kontak) 15:28, 26 September 2024 (UTC)[]
Ondersteun @Rooiratel:, kom ons gee dit 'n kans. Groete! Oesjaar (kontak) 16:24, 26 September 2024 (UTC)[]
Ondersteun – Outomatiese oplossing sal verwelkom word. Sobaka (kontak) 18:11, 26 September 2024 (UTC)[]
Ondersteun Aliwal2012 18:28, 26 September 2024 (UTC)[]
Ondersteun ~ Burgert (kontak) 18:31, 26 September 2024 (UTC)[]
Apologies for cross-posting in English. Please consider translating this message.Sjabloon:Tracked

Hello everyone, a small change will soon be coming to the user-interface of your Wikimedia project. The Wikidata item sitelink currently found under the General section of the Tools sidebar menu will move into the In Other Projects section.

We would like the Wiki communities feedback so please let us know or ask questions on the Discussion page before we enable the change which can take place October 4 2024, circa 15:00 UTC+2. More information can be found on the project page.

We welcome your feedback and questions.
MediaWiki message delivery (kontak) 18:56, 27 September 2024 (UTC)[]