Gaan na inhoud

Gebruiker:Suidpunt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Welkom by Suidpunt
se Gebruikersblad!

'90

Hierdie gebruiker is in 1990 gebore.

G-R

Hierdie gebruiker het 'n gelyknamige Good Reads-rekening om sy boeke netjies te orden.
Hierdie gebruiker het 'n rein gewete: hy deurkruis die web met Ecosia.

OOM

Hierdie gebruiker aanvaar die aanspreekvorm "oom" van diegene gebore in 2000 of later.
Hierdie gebruiker werk al meer as vyftien jaar op Wikipedia
af Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans.
en-2 This user is able to contribute with an intermediate level of English.
nl-2 Deze gebruiker heeft een gemiddelde kennis van het Nederlands.
de-1 Dieser Benutzer hat grundlegende Deutschkenntnisse
da-1 Denne brugers kendskab til dansk er på grundlæggende niveau.
Hierdie gebruiker transkribeer vir die pret.
WAARSKUWING: Hierdie gebruiker kan soms sinies voorkom. Hy is bloot 'n uitgekuierde (blasé) neofiel wat déjà vu beleef en daaroor suur is. Moet hom nie ernstig opneem nie. Dit sal oorwaai.
Hierdie gebruiker weet nie watter vreemde taal die beste is om te leer nie. Almal lyk ewe belangrik.
Hierdie gebruiker vind dit moeiliker om sy eie moedertaal korrek te herleer as om 'n vreemdetaal uit die hoof te leer.
Hierdie gebruiker glo TAAL IS TEGNOLOGIE.
Hierdie gebruiker is 'n Christen.


Hierdie gebruiker vertaal artikels van Duits in Afrikaans.
Hierdie gebruiker is manlik.
Hierdie gebruiker het 'n heilige renons in Saadjies.
Hierdie gebruiker voel gemaklik agter twee skerms, want dit werk net beter.
Hierdie gebruiker raak verveeld met die ondermaanse beuselagtighede van die aardlinge.
Hierdie gebruiker woon in Suid-Afrika.
Hierdie gebruiker is 'n trotse Woltoon!
Hierdie gebruiker is van Nederlandse afkoms.
Hierdie gebruiker is van Duitse afkoms.
Hierdie gebruiker is van Franse afkoms.
Hierdie gebruiker is van Italiaanse afkoms.
Hierdie gebruiker is van Skotse afkoms.
Hierdie gebruiker is van Engelse afkoms.
Hierdie gebruiker is van Indiese afkoms.
Hierdie gebruiker beywer hom vir die Kaapse luiperd
Hierdie gebruiker is bra skepties oor post-1994 matriekuitslae. Sy eie ingesluit.
Hierdie gebruiker bestry Anglisismes met mening.
Hierdie gebruiker bestry die haar-siekte aktief.
Hierdie gebruiker boikot Anglosentriese en populistiese hoofstroommedia.
Hierdie gebruiker vind televisie werklik oorbodig in die 21ste eeu. 500+ kanale, maar niks om te kyk nie.
Hierdie gebruiker dink Suid-Afrikaners leef té afgesonderd van ander wêreldkulture en is monokultureel.
Hierdie gebruiker dink almal kan baat vind by Duits.
Hierdie gebruiker wil meer Nederlandse boeke in sy dorpsbiblioteek .
Hierdie gebruiker wonder waarom dit moeiliker is en duurder kos om inheemse plante en diere te bekom en te kweek, as uitheemse fauna en flora wat die inheemse ekosisteem kan bedreig.
Hierdie gebruiker het die vieslike gewoonte om oop Wi-Fi kuberkolle te wil opspoor.
Hierdie gebruiker verafsku sport en glo sportbeserings tap onnodig die mediese fondse.
Hierdie gebruiker beskou die sielkunde as 'n sekulêre kultus en nie 'n wetenskap nie.
Maar as jy die sielkunde nou wil glo, dan gaan jy my met jou suiwer logika, dekonstruksie, rasionaliteit, pragmatiek, voorsorg, besuiniging, doeltreffendheidsin, ruime blik, veelvuldige gevolg-kousaliteitsbesef en meriete moet beïndruk. Ek is INTJ met die grootheidswaansin. Aangename kennis.
Hierdie gebruiker weet betogings is 'n voorbeeld van die drogredenasie Argumentum ad populum: Meer getalle maak nie iets meer waar of vals as wat dit reeds is nie. 'n Goeie en geldige rede het net één mens en één stem nodig. Die res is intimidasie, magsvertoon en boonop onwetenskaplik.
Hierdie gebruiker se twaalfde gebod is: Jy sal nie staak nie.
Hierdie gebruiker weier om met mense te onderhandel wat nie oor 'n saak wil praat of beskaafd en logies uitklaar en redeneer nie.
Hierdie gebruiker vind linkse politieke partye ironies wat klasseverskille wil vernietig, maar self uit 'n streng hiërargie bestaan.
Hierdie gebruiker herwin sy afval.
Hierdie gebruiker glo die waarheid is iewers daarbuite.
Hierdie gebruiker wonder waarom Afrikaans geen cyberpunkboeke het nie.
Hierdie gebruiker is gekant teen die kommunistiese Solarpunk
Hierdie gebruiker funksioneer optimaal met nuwemaan.
Hierdie gebruiker drink om 11:00 en 21:00 sy beker Rooibos.
Hierdie gebruiker geniet winter en somer sodawater. Veral voor, tydens en na slaaptyd.
Hierdie gebruiker is 'n nieroker, maar dink die rookwet is muggiesiftery vergeleke met ongekontroleerde fabrieke, steenkoolkragstasies, brandstigting, vuil brandstofverbruik, bandbrandende betogings, vyf stokende skoorstene per huis in kliniese, HD-ultramoderne geëlektrifiseerde woonbuurte...
Hierdie gebruiker se kamer is rokervriendelik, maar verbied pruimtabak.
Hierdie gebruiker verseg om kraanwater te drink - eerder gesuiwerde/gekookte reënwater of tenkwater.

Poema

Leeu

Bredasdorp

Gewone luislang

Afrika-rotsluislang

Tierluislang

Lewensiklus van die tier

Nederduits (skoolvak)

Javaanse tier

Hierdie gebruiker is gaande oor stewels.
Hierdie gebruiker hou van Furry-tekeninge.
Hierdie gebruiker vind die Gothklere weersinwekkend mooi.
Hierdie gebruiker ondersteun Google Books

Gereelde hersiening

[wysig | wysig bron]

Gunstelingdiere

[wysig | wysig bron]

Aanhalings

[wysig | wysig bron]
  • Dis wat vir my as Nederlander baie meer "eienaardig" is aan al die Afrikaners wat baie kla oor hulle taal maar niks bydra nie. Dis altyd makliker om die baie werk wat Manie hier gelewer het af te wil breek as om op te bou, nê? Gebruiker:Jcwf 00:34, 15 September 2010 (UTC), op Wiktionary se Geselshoekie.
  • Die bewys van hoeveel derduisende jare mens en hond al saam loop, is dat die naamwoord hond, chien, perro, skulos, dog reeds ontelbare geslagte had om in baie tale al verder van mekaar af te groei; terwyl die kat eers onlangs, eintlik nog ongetem, in die mens se lewe ingestap het, en die naam kat, cat, gatos, chat omtrent nog dieselfde in alle tale is. - Jan Rabie, 'n Boek vir Onrus: bl. 32.
  • In verskillende mooi ontwikkelde persoonlikhede, indiwiduele bevoegdhede in die gemeenskap, kom die dieper skeppingskrag van die lewe, die universele vormingskrag tot persoonlike uiting; en omdat ons Afrikaners nie in 'n kleurlose benede-kultuurlikheid wil bly wegskuil nie, maar ons kultuur-persoonlikheid tot die volheid van sy ontwikkeling wil bring, hier binne ons geografiese grense, daarom wil ons 'n eie Afrikaanse kultuur hê, nie 'n nageaapte vorm-dooie ding, 'n vliesdun vel wat ons oor die geraamte van 'n Wes-Europese land se beskawingsvorm getrek het nie, maar 'n eie, vollewende skepping wat die tekens van ons ervaring, ons geskiedenis dra. - C.M. van den Heever, Die Afrikaanse gedagte, bl. 14-15.
  • And while, by its nature, a lingua franca creates colonial conditions, it is impoverished by its colonial, osmotic role, by its levelling to the average and the easiest, laziest words so as to reach the greatest number of speakers and readers. As an example in English these days, hen, cock, fowl have disappeared, while chickens even have to lay eggs. To look back to Latin: culturally Latin was not creative outside Italy. A lingua franca is a creative dynamo only in the centre of its domain. As Toynbee said in his Study of history: Culture for export is culture no longer. - Jan Rabie, in sy toespraak 'Lingua franca and vernacular' - Konferensie by die Universiteit van Kaapstad, 17 Julie 1979. (Uit: Buidel. 1989. bl. 68).
  • Na die halfeeuwending het die Franse glans begin taan. Soos ook die belangrikheid van die Franse taal wat al hoe meer voor wêreldwye Engels moet wyk.
Die intelligentsia het begin dwaal, geflirt met die Marxisme, of begin om die nuwe gode, die media, en by uitstek die internasionale vervlakking van TV aan te hang. Om self op die kassie te verskyn.
La trahison des clercs, die verraad van die klerke, noem kritikus Julien Benda dit.
Wie kan vandag nuwe groot name in die Franse skrywerswêreld opnoem? Wanneer laas het 'n bekende Franse skrywer die Nobelprys verower? Wie ken Claude Simon? Die styl en dinamiek van stede kom en gaan. Ook dié van beskawings. Dit lyk of die hele Weste op die afdraand van geld is. Op die oomblik is daar geen stad ter wêreld wat Parys se vroeg 20ste-eeuse roem kan ewenaar nie. Miskien amper New York?
Ons sien dit ook in die Afrikaanse letterkunde wat 'n sekere elegansie verloor vir 'n brute en verwarde herwaardering van prioriteit in die Suider-Afrika waarin ons woon. - Jan Rabie, Parys se Sestigers - De Kat, September 1988 (Uit: Buidel. 1989. bl. 52).

Geliefde interieur en tuinbou

[wysig | wysig bron]
  • Japannese interieur
  • Moderne minimalisme
  • Japannese tuine
  • Tropiese tuine
  • Mediterreense binnehof

Geliefkoosde skilderkuns

[wysig | wysig bron]

Blitskader

[wysig | wysig bron]
  • Afrikaans: 118 387 artikels, 179 925 geregistreerde gebruikers, waarvan 197 aktief.
  • Beiers: 27 170 artikels, 72 034 geregistreerde gebruikers, waarvan 59 aktief.
  • Deens: 301 942 artikels, 488 188 geregistreerde gebruikers, waarvan 727 aktief.
  • Duits: 2 939 774 artikels, 4 430 590 geregistreerde gebruikers, waarvan 16 760 aktief.
  • Esperanto: 358 323 artikels, 227 657 geregistreerde gebruikers, waarvan 338 aktief.
  • Faroëes: 14 111 artikels, 31 054 geregistreerde gebruikers, waarvan 52 aktief.
  • Frans: 2 633 792 artikels, 5 000 088 geregistreerde gebruikers, waarvan 15 864 aktief.
  • Fries: 54 303 artikels, 50 704 geregistreerde gebruikers, waarvan 76 aktief.
  • Hebreeus: 361 472 artikels, 1 175 769 geregistreerde gebruikers, waarvan 3 312 aktief.
  • Indonesies: 703 595 artikels, 1 498 993 geregistreerde gebruikers, waarvan 2 540 aktief.
  • Javaans: 74 095 artikels, 63 661 geregistreerde gebruikers, waarvan 101 aktief.
  • Japannees: 1 428 950 artikels, 2 235 915 geregistreerde gebruikers, waarvan 12 672 aktief.
  • Katalaans: 758 856 artikels, 491 808 geregistreerde gebruikers, waarvan 958 aktief.
  • Latyn: 139 359 artikels, 184 221 geregistreerde gebruikers, waarvan 146 aktief.
  • Limburgs: 14 986 artikels, 30 079 geregistreerde gebruikers, waarvan 44 aktief.
  • Malgassies: 98 041 artikels, 33 890 geregistreerde gebruikers, waarvan 48 aktief.
  • Maleisies: 390 103 artikels, 341 753 geregistreerde gebruikers, waarvan 648 aktief.
  • Nederlands: 2 166 555 artikels, 1 362 255 geregistreerde gebruikers, waarvan 3 417 aktief.
  • Boeknoors: 635 007 artikels, 617 886 geregistreerde gebruikers, waarvan 1 053 aktief.
  • Nieunoors: 170 440 artikels, 138 077 geregistreerde gebruikers, waarvan 135 aktief.
  • Roemeens: 482 881 artikels, 657 080 geregistreerde gebruikers, waarvan 782 aktief.
  • Russies: 1 998 050 artikels, 3 628 451 geregistreerde gebruikers, waarvan 8 816 aktief.
  • Sanskrit: 12 208 artikels, 41 015 geregistreerde gebruikers, waarvan 48 aktief.
  • Skots-Gaelies: 15 981 artikels, 29 101 geregistreerde gebruikers, waarvan 25 aktief.
  • Sweeds: 2 593 908 artikels, 921 767 geregistreerde gebruikers, waarvan 1 979 aktief.
  • Swahili: 82 660 artikels, 69 244 geregistreerde gebruikers, waarvan 155 aktief.
  • Tsjeggies: 552 719 artikels, 671 959 geregistreerde gebruikers, waarvan 1 991 aktief.
  • Wallies: 281 020 artikels, 92 220 geregistreerde gebruikers, waarvan 138 aktief.
  • Yslands: 58 926 artikels, 100 404 geregistreerde gebruikers, waarvan 149 aktief.