Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Dis naweek! Kom ry die perde by die asemrowende Golden Gate Nasionale Park in die Oos-Vrystaat!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Dié sjabloon skree in rooi: Koördinate: Missing latitude Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function. Sien ook Kategorie:Pages with malformed coordinate tags. Wat het vandag gebeur? Groete. --  SpesBona 21:52, 15 Junie 2024 (UTC)[]

Allerhande vreemde dinge gebeur. Iemand word toegelaat om te peuter, en ek moet nog sien dat hulle iets verbeter. JMK (kontak) 15:01, 21 Junie 2024 (UTC)[]

Die Wikimedia-stigting betrek gereeld die Wikimedia-beweging om individue tot sy Raad van Trustees te verkies. Die goeie nuus vir die Afrikaanse Wikipedia is dat een van ons eie nou as ‘n kortlys kandidaat aanvaar is vir vanjaar se verkiesing. Welgedaan Oesjaar. Jou onverpoosde werk op hierdie Wikipedia word waardeer en jou welverdiende geleentheid om nou ook op globale vlak ‘n betekenisvolle bydrae te maak, word heelhartig ondersteun.

https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_elections/2024/Candidates/Deon_Steyn Sobaka (kontak) 12:01, 21 Junie 2024 (UTC)[]

Hallo!

Die sjabloon {{GFDL}} het vrywarings (Onderhewig aan vrywarings).

Vrywarings is oor die algemeen nie goed nie, dus dit moet verwyder word volgens en:Wikipedia:GFDL standardization. Die probleem is dat slegs die kopiereg houer dit kan doen.

Om te voorkom dat nuwe lêers met vrywarings opgelaai word, stel ek voor om die volgende te doen:

  1. Skep nuwe sjablone soos {{GFDL-with-disclaimers}} (deur net 'n kopie van {{GFDL}} te neem).
  2. Verander alle lêerbladsye wat die lisensiesjabloon {{GFDL}} gebruik na {{GFDL-with-disclaimers}}
  3. Verwyder die vrywarings van {{GFDL}}

Verder is GFDL nie 'n goeie lisensie vir mediabestande nie, dus Wikimedia Commons, Engelse Wikipedia en ander wikis het die oplaai van nuwe lêers met slegs GFDL beperk. Ek stel dus voor om GFDL ook van MediaWiki:Licenses te verwyder. En die nuutste weergawe van cc-lisensies is 4.0, so ek stel voor om daarmee op te dateer.

Laastens stel ek voor om almal wat lêers met GFDL opgelaai het, te vra of hulle bereid is om die vrywarings te verwyder (verander die lisensie terug van {{GFDL-with-disclaimers}} na {{GFDL}}). Jy kan sien wie opgelaai het deur hierdie skakel te kliek.

Daar is 182 lêers, dus sou dit goed wees as iemand met 'n bot kan help.

As enige lêers met {{GFDL}} opgelaai word, kan dit 'n goeie kans wees om ook {{Cc-by-sa-4.0}} by te voeg. --MGA73 (kontak) 08:15, 22 Junie 2024 (UTC)[]

Gemeenskap: hier is 'n nuwe woord in Engels wat ek nie ken nie. It is a holomycotrophic perennial. Wat is dit in Afrikaans en wat beteken dit? Groete! Oesjaar (kontak) 19:10, 22 Junie 2024 (UTC)[]

Toe help prof Van Wyk my so laat op 'n Sat. aand! Sien Holomikotrofies. Groete! Oesjaar (kontak) 19:47, 22 Junie 2024 (UTC)[]
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Hello everyone,

The voting to ratify the Wikimedia Movement Charter is now open. The Wikimedia Movement Charter is a document to define roles and responsibilities for all the members and entities of the Wikimedia movement, including the creation of a new body – the Global Council – for movement governance.

The final version of the Wikimedia Movement Charter is available on Meta in different languages and attached here in PDF format for your reading.

Voting commenced on SecurePoll on June 25, 2024 at 00:01 UTC and will conclude on July 9, 2024 at 23:59 UTC. Please read more on the voter information and eligibility details.

After reading the Charter, please vote here and share this note further.

If you have any questions about the ratification vote, please contact the Charter Electoral Commission at cec@wikimedia.org.

On behalf of the CEC,

RamzyM (WMF) 10:51, 25 Junie 2024 (UTC)[]

Gemeenskap, sien Statite in die taal van die vyand. Ek wil die artikeltjie vertaal as Statiet en dan skep ons 'n nuwe woord. Ek het dit met Suléne Pilon van die Taalraad en Dr. Mariëtta Alberts bespreek en beide het gesê: Groei die taal! Enige besware? Groete! Oesjaar (kontak) 18:00, 26 Junie 2024 (UTC)[]

@Oesjaar: sou dit nie oorspronklike navorsing wees nie? – Pynappel (kontak) 18:47, 26 Junie 2024 (UTC)[]
Geen beswaar, maar dit lyk op die oog af of iemand nie "statuut" kon spel nie :-) Groete. Frank (kontak) 19:56, 26 Junie 2024 (UTC)[]
Frank, ons kan dit nog verander... Groete! Oesjaar (kontak) 20:00, 26 Junie 2024 (UTC)[]
"Statiet" is 'n samestelling van "staties" en "satelliet". Dit klink vir my dooddollies (hoewel effens vulgêr). ~ Burgert (kontak) 11:48, 27 Junie 2024 (UTC)[]