Noorduyn Norseman
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Noorduyn Norseman | |
---|---|
Tipe | Algemene vervoer vliegtuig |
Vervaardiger | Noorduyn |
Nooiensvlug | Januarie 1935 |
Status | Uit diens gestel |
Vervaardig | 904 |
Die Noorduyn Norseman is 'n Kanadese vliegtuig wat oorspronklik ontwikkel is vir kommersiële gebruik en later ontwikkel is vir militêre gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het sy nooiensvlug in Januarie 1935 afgelê. Dit is as beide 'n vlottervliegtuig en landgebaseerde vliegtuig ontwikkel. Dit kon ook toegerus word met 'n ski landingstel.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Na die nooiensvlug was die eerste modelle bedryf deur Dominion Skyways wat later deel van Canadian Pacific Air Lines geword het. Gedurende die volgende vyf jaar het Noorduyn slegs sewentien verdere vliegtuie verkoop; aan kommersiële operateurs asook die Royal Canadian Mounted Police. Nadat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het, het die aanvraag na die militêre weergawe van die vliegtuig die hoogte in geskiet.
Die Koninklike Kanadese Lugmag het 38 vliegtuie bestel vir radio- en navigasieopleiding onder beheer van die Empire Air Training Scheme. Die United States Army Air Forces het eers sewe YC-64 modelle geëvalueer wat in die middel van 1942 afgelewer is. Daarna plaas hulle 'n bestelling vir 746 van die C-64A model. Onder die Leen-en-pagwet is 34 van die vliegtuie aan die RCAF verskaf en 43 aan ander Geallieerde lugmagte. Drie is aan die Amerikaanse Vloot verskaf as die JA-1.
Daar was beplan dat Aeronca ook die C-64A sou vervaardig maar dit is gekanselleer. Hulle wel ses C-64B verskaf aan die Engineering Corps in 1943. Die vliegtuig was die meeste gebruik as passasier of vragvliegtuig maar dit was ook gebruik vir kommunikasie of om ongevalle af te voer. Produksiue van die Norseman is eers in 1946 deur Noorduyn gestaak. Daarna was dit deur die die Canadian Car and Foundry Company oorgeneem. Die laaste van 918 Norseman vliegtuie was eers in Januarie 1960 voltooi. Die laaste kommersiële model het as die die Noreseman V bekend gestaan.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Pratt & Whitney R-1340-AN-1 Wasp stermotor |
Kraglewering per motor | 600 perdekrag |
Vlerkspan | 15,75 m |
Lengte | 9,68 m |
Hoogte | 3,07 m |
Maks. opstygmassa | 3 357 kg |
Maks. snelheid | 266 km/h op 1,524 m |
Operasionele hoogte | 5 182 m |
Togafstand | 966km |
Bewapening | Geen. |
Bomvrag | Geen. |
Bron
[wysig | wysig bron]- Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8