Gaan na inhoud

Pous Lucius I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Pous Lucius I
Geboortenaam Lucius
Pontifikaat begin 25 Junie 253
Pontifikaat eindig 5 Maart 254
Voorganger Cornelius
Opvolger Stefanus I
Gebore ±200
Rome, Italië
Sterf 5 Maart 254
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Lucius

Lucius I was die 22ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Lucius I is in Rome gebore en sy pa se naam was Porfirian. Op 25 Junie 253 volg hy Pous Cornelius op en word op 5 Maart 254 opgevolg deur Pous Stefanus I. Die naam Lucius beteken "ligbringer".

Pontifikaat

Kort na sy verkiesing word hy uit Rome verban deur keiser Trebonianus Gallus, maar kry toestemming om terug te keer. Hy het saamblyery van ongetroudes afgekeur. Tydens sy pontifikaat het die Christene baie swaar gekry en moes alles insit om te oorleef. Cyprianus noem hom in verskeie briewe as synde in ooreenstemming met sy voorganger Pous Cornelius oor die hertoelating van berouvolle sondaars.

Verering

Lucius word as martelaar en heilige vereer. Sy gedenkdag is op 4 Maart en hy is heiligverklaar op 25 Augustus. Sy grafsteen kan gesien word in die Callixtus katakombe. Sy relieke is word bewaar in Santa Maria kerk in Trastevere, saam met die van Sint Cecilia. Sy kop word bewaar in die reliekskryn van die Sint Ansgar katedraal in Kopenhagen nadat dit eers in Roskilde gehuisves was. In die jaar 1100 of daaromtrent word hy uitgeroep as die beskermheilige van die Deense provinsie Seeland. Dit is een van die min relieke in Denemarke wat die Hervorming oorleef het.

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Cornelius
Biskop van Rome
253254
Opgevolg deur
Stefanus I