Gaan na inhoud

Pous Eutichianus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Pous Eutichianus
Geboortenaam Eutichianus
Pontifikaat begin 4 Januarie 275
Pontifikaat eindig 7 Desember 283
Voorganger Felix I
Opvolger Gajus
Gebore 220
Toskane, Italië
Sterf 7 Desember 283
Rome, Italië

Eutichianus was die 27ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Eutichianus is waarskynlik gebore in 220. Op 4 Januarie 275 volg hy Pous Felix I op en regeer tot sy dood op 7 Desember 283 volgens die Annuario Pontifico (2003). Hy word opgevolg deur Pous Gajus. Die naam ‘Eutichianus’ beteken ‘die gelukkiggemaakte’.

Pontifikaat

Daar is geen besonderhede bekend oor Eutichianus se pontifikaat nie. Sy pontifikaat het saamgeval met regering van die keisers Aurelius, Tacitus, Probus en Carus. Die Liber Pontificalis dui aan dat hy die ritus van die seëning van die oes (veral bome en vrugte) ingestel het, maar in werklikheid het dit eers by die konsilie van Orléans in 515 geskied. Die stelling dat hy die reëls vir die begrafnis van martelare opgestel het en eiehandig baie van hulle begrawe het, is ook verdag omdat na die dood van keiser Aurelius in 275 daar nie baie vervolgings was nie. Eutichianus was waarskynlik nie 'n martelaar nie. Die Roomse almanak uit die vierde eeu noem hom in die “Deposito Episcoporum” maar nie in die lys van martelare nie. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe. 'n Fragment van sy grafskrif in Grieks “EUTYCHIANOS EPIS(KOPOS)” het bewaar gebly.

Verering

Sy feesdag is op 8 Desember in die Rooms-Katolieke Kerk.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs. (Engelse vertaling van die Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Felix I
Biskop van Rome
275283
Opgevolg deur
Gajus