Gaan na inhoud

Baikonoer: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
JAnDbot (besprekings | bydraes)
Addbot (besprekings | bydraes)
k Verplasing van 47 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q177477
Lyn 15: Lyn 15:


[[Kategorie:Lanseerterreine]]
[[Kategorie:Lanseerterreine]]

[[ar:مركز بايكونور الفضائي]]
[[be:Байканур]]
[[bg:Байконур]]
[[bs:Bajkonur]]
[[ca:Cosmòdrom de Baikonur]]
[[cs:Kosmodrom Bajkonur]]
[[cv:Байконур]]
[[da:Bajkonur-kosmodromen]]
[[el:Κοσμοδρόμιο του Μπαϊκονούρ]]
[[en:Baikonur Cosmodrome]]
[[eo:Kosmodromo Bajkonur]]
[[es:Cosmódromo de Baikonur]]
[[et:Bajkongõri kosmodroom]]
[[eu:Baikonurreko kosmodromoa]]
[[fa:پایگاه فضایی بایکونور]]
[[fi:Baikonurin avaruuskeskus]]
[[fr:Baïkonour (base spatiale)]]
[[he:קוסמודרום בייקונור]]
[[hr:Bajkonur]]
[[hu:Bajkonuri űrrepülőtér]]
[[id:Kosmodrom Baykonur]]
[[it:Cosmodromo di Bajkonur]]
[[ja:バイコヌール宇宙基地]]
[[ka:ბაიკონურის კოსმოდრომი]]
[[ko:바이코누르 우주 기지]]
[[lad:Kosmodrom de Baikonur]]
[[lt:Baikonuro kosmodromas]]
[[lv:Baikonuras kosmodroms]]
[[mk:Бајконур (космодром)]]
[[ms:Kosmodrom Baikonur]]
[[nl:Kosmodroom Bajkonoer]]
[[nn:Kosmodrom Bajkonur]]
[[no:Bajkonur kosmodrom]]
[[pl:Bajkonur]]
[[pt:Cosmódromo de Baikonur]]
[[ro:Cosmodromul Baikonur]]
[[ru:Байконур]]
[[sh:Bajkonur]]
[[sk:Bajkonur]]
[[sr:Космодром Бајконур]]
[[sv:Kosmodromen i Bajkonur]]
[[th:ไบโคนูร์คอสโมโดรม]]
[[tr:Baykonur Uzay Üssü]]
[[uk:Байконур]]
[[vi:Sân bay vũ trụ Baykonur]]
[[wa:Cosmodrome di Baykonour]]
[[zh:拜科努尔航天发射场]]

Wysiging soos op 15:04, 8 Maart 2013

Ligging van die Baikonoer-kosmodroom

Baikonoer is die tradisionele lanseersentrum (kosmodroom) van die Sowjetse en Russiese ruimtevaart in die steppe van Kazakstan.

Baikonoer is die grootste lanseersentrum ter wêreld en beslaan vandag 'n oppervlakte van 125 by 85 kilometer, beskik oor dosyne van lanseerplatforms en vyf kontrolesentrums.

Baikonoer ontstaan tussen 1955 en 1957 naby die dorpie Tjoeratam, 'n klein kruispunt van twee spoorlyne, wat as basiese infrastruktuur gebruik word om binne 'n kort tyd die sentrum op te rig. Die Sowjetunie benodig in hierdie tydperk 'n lanseer terrein vir sy nuwe interkontinentale ballistiese missiele, soos byvoorbeeld die R-7.

'n Sojoes-TMA-3-raket word na die lanseerplatform vervoer

Die eerste R-7 word op 15 Mei 1957 vanuit Baikonoer gelanseer. Binne vyf maande volg 'n variant van hierdie missiel, wat die eerste satelliet ter wêreld, Sputnik, suksesvol lanseer. Vier jaar later beskik die Sowjetunie met Joeri Gagarin oor die eerste ruimtevaarder.

Alhoewel die Verenigde State met die eerste maanlanding presteer, behaal die Sowjetunie vanaf die sewentigerjare weer 'n oorwinning in die "ruimtestryd" met die Amerikaners. Die bemande ruimtestasies Saljoet en Mir, wat in hierdie tydperk ontstaan, behoort tot die mees ambisieuse projekte van die moderne ruimtevaart.

Die Sojoes-TMA-5-ruimtetuig word gelanseer (14 Oktober 2004)

Na die einde van die Sowjetunie lê Baikonoer in die onafhanklike staat Kazakstan, en Rusland moet die terrein teen 'n jaarlikse bedrag van VSA-$115 miljoen huur. Die lanseersentrum word egter 'n kommersiële sukses, en die robuste Russiese ruimtetuie van die Sojoes-reeks dien as pendeltuig vir die Internasionale Ruimtestasie ISS.

Weens die kommersiële karakter van die Russiese ruimtevaart word "ruimtetoeriste" soos die Amerikaner Dennis Tito en die Suid-Afrikaner Mark Shuttleworth toegelaat wat teen betaling 'n besoek aan die ruimtestasie ISS mag aflê.

Die besonderhede van 'n ramp, wat Baikonoer op 24 Oktober 1960 tref, word eers met die nuwe Perestrojka-beleid van 1989 bekend. Die oorhaastige lansering van die nuwe interkontinentale missiel R-16 lei tot 'n ontploffing, waarin meer as 90 mense dood is.